LettersOpinion

Vervalle wildtuin maak mens siek

S Pietersen van Quelleriepark skryf:

Ons het onlangs die Krugersdorp Wildtuin besoek wat in 1962 tot stand gebring is deur die destydse stadsraad.

Dit gaan onder ‘n stadsraad waar al die raadslede politieke agendas het totaal ten gronde.

Wat eers luukse akkommodasie was staan vervalle. Die karavaanpark wat ‘n gesogte plek was is leeg op ‘n langnaweek.

Krane lek en word duidelik nie herstel nie. Die kiosk by die karavaanpark is al lankal nie meer oop nie en verlate. Swembaddens is nou al net soos die dorp se swembaddens, reeds jare leeg en vervalle.

Duidelik ‘n stadsraad wat niks vir sy belastingbetalers omgee nie. Wat ‘n skande.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button