
Na aanleiding van die brief van Charles van Wentworthpark wat in die 16 Mei-uitgawe van die news verskyn het, wil ek net die volgende aan hom vra.
Het jy al ooit werklik armoede geken? Seker nie, want uit jou skrywe kan ‘n mens aanneem dat geld by jou geen kwessie is nie.
Omdat jy seker skatryk is en nog nooit in jou lewe honger gaan slaap het en nie geweet het waar jou volgende stukkie droë brood vandaan gaan kom nie, is dit vir jou maklik om die klere wat die Prinsloo-gesin verkoop om geld te kry om in hulle karige omstandighede te voorsien, as rommel te bestempel. Ek kan maar net vir jou sê, mnr Charles en jou uitvraerige kuiermense, bid dat iets soortgelyk nie julle skatryk mense tref nie. Dit kan so maklik gebeur.
Aan al die wonderlike mense wat so vrygewig bydra en bygedra het, wees verseker dit word waardeer. Julle plekkie waar dit regtig saak maak is klaar bespreek.
