LettersOpinion

Wees versigtig

Johann Pelzer van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek mense waarsku wat voertuie privaat verkoop.

Ek het in 2012 my wit Opel Monza 1.6 GLS aan ‘n dame verkoop deur ‘n ‘verkoopsman’ wat by ‘n gerespekteerde handelaar gewerk het.

Hy is intussen afbetaal (weet nie wat die rede was nie, ek kan maar net dink).

Die persoon wat die dame na my huis toe gebring het om die voertuig te koop, het gesê hy sal later die aand die vorms kom haal om die motor op die dame se naam te registreer, wat toe nooit gebeur het nie.

Hy het die geld aan my vrou oorhandig, want ek was by die werk. Ek het hom die volgende dag gekontak by die handelaar en hy het gesê hy was te besig, maar sal die vorms kom haal en invul, wat weer nie gebeur het nie.

Die volgende dag toe ek weer bel was hy weg. Ek het toe die motor van my naam laat afhaal by die verkeersdepartement en moes ook ‘n polisieverklaring aflê.

Ek het gedink dit is afgehandel, maar toe kom die een spoedoortreding na die ander en E-tol-rekeninge by dosyne. Ek weet nie eens wat die vrou wat die motor gekoop het se naam is nie.

Ek het weer na die verkeersdepartement toe gegaan en hulle het gesê ek moet die motor heeltemal van die pad skrap en dit is gedoen, maar die spoedoortredings kom nog steeds na my toe omdat ek die vorige eienaar was.

My seun het weer na die verkeersdepartement toe gegaan en ook by hulle ‘n verklaring afgelê dat die motor reeds in 2012 verkoop is.

Ek wil mense dus waarsku dat hierdie vrou ‘n motor bestuur wat onpadwaardig is en dat sy (soos die laaste spoedoortreding lees) weggejaag het toe sy voorgekeer is.

Die lisensiegeld is ook nou drie jaar agterstallig, sy het nooit die motor op haar naam laat registreer nie.

Mense, maak seker dat jy die persoon wat die motor koop se ID sien en ook die persoon se naam en adres kry en maak seker dat alle vorms korrek ingevul word voor die persoon die motor verwyder.

Ek wil dan ook die owerhede vra om hierdie motor af te trek sodat die motor finaal van die pad verwyder kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button