
Ek wil net ‘n bietjie uitbrei oor Local concerned viewer for Oscar Pristorius van die 16 Mei-uitgawe van die news.
Vir baie mense soos concerned viewer is dit ‘n marteling om soos Oscar in die hof behandel te word.
Dit wil vir my voorkom of die viewer en baie ander mense nog nooit in ‘n hooggeregshof was nie.
As jy jou gevoelens oor ‘n hofsaak soos dié van Oscar uitbasuin sal dit beter wees om maar oor te skakel na Days of our Lives.
Om Europa, die Verenigde Koninkryk en die VSA as voorbeelde te gebruik is ook onvanpas want daar is dit nog erger omrede die beskuldigde daar met minagting behandel word totdat die persoon se onskuld bewys is, waar dit hier by ons andersom is.
Baie mense kritiseer vir Nel maar heel aan die begin is Barry ook deur die mense gekritiseer.
Om jou mening te lug is baie goed, soos die viewer gemaak het. Maar moenie nonsens praat nie.
Nel is baie goed, so ook Barry. Vir die meerderheid van die mense is hulle onbekend maar hulle het al baie vermag in die regstelsel.
Een bekende taktiek wat in regskringe gebruik word is om net op een vraag te hamer as hulle weet dit is ‘n teer punt – byvoorbeeld een hele dag lank.
Onthou een ding, as jy nie lieg nie kan jy een vraag heeldag op verskillende maniere op die regte manier antwoord.
