
Vandag wil ons hulde bring aan twee persone wat die gebod van liefde werklik uitleef. Sout van die aarde mense.
Weens akute pyn as gevolg van spierspasmas, senudrukking en knieprobleme kan ek tans nie bestuur nie.
Die kosbare kinders van God het my alreeds twee maal geneem om die elektrisiteitsrekening te betaal; verskeie kere om broodnodige kruideniersware en apteekbenodigdhede te koop; dokter toe geneem vir ‘n kortisooninspuiting in my knie; twee maal hospitaal toe (en saam gewag); my geduldig in ‘n rolstoel rondgestoot. Alles sonder om ‘n sent vir brandstof of moeite te wil aanvaar.
Hulle maak sonder uitsondering elke dag ‘n draai om te verneem of ons iets nodig het, of om hulp aan te bied.
Wat meer kan ons doen as om ons Hemelse Vader te dank vir sulke mense in ons lewe.
Marius en Debbie (ja, die mense wat enige iets verkoop om aan die lewe te bly), ons opregte dank en waardering.
Wees geseënd!
