LettersOpinion

Baie dankie vir almal se hulp

Chris en Diana Rautenbach van Kenmare skryf:

Hiermee wil Chris, Diana en die kinders graag baie, baie dankie sê vir Cindy van Plascon, haar broer en moeder wat ons Cocker Spaniel, Chocolat opgetel het en so mooi versorg het tot ons teruggekom het van ons vakansie.

Chocolat is haar mens-pa se hart se punt en alles en almal was in rep en roer toe dit aan die lig kom dat sy by die erf uitgekom het.

‘n Baie groot dankie aan ons vriendin, Ansie Wepener, wat onverpoos na haar gesoek het.

Baie dankie ook aan die Krugersdorpse veeartse, die Dierebeskermingsvereniging en Fora, al ons bure en vriende wat gehelp soek het na haar.

Dit is ‘n riem onder die hart.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button