
Ek is baie teleurgesteld in julle.
Hoe kan julle so ‘n klomp nonsens in ‘n koerant plaas van ‘n vrou se obsessie oor hoe ander vrouens lyk (Ladies, make a little effort, please 27 Junie uitgawe) en hoe hulle moet lyk? Dis net laag en pateties, regtig!
Wie dink sy is sy in elk geval om die ‘judge’ te wees? Dit maak my siek en vreeslik kwaad dat julle so iets in ‘n koerant kan sit.
Daar gaan dinge aan in Krugersdorp soos dwelms, prostitusie, roof en dood, die moord van ‘n jong man wat in ‘n sloot gekry is wat hartseer is man, en dan kom die vrou met die klomp twak en julle plaas dit in die koerant?
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
