LettersOpinion

Ons word ‘n ongedissiplineerde volk

Izak Booysen van Dan Pienaarville skryf:

Hoe tragies was dit nie vir my om op die 27 Junie-uitgawe van die news se voorblad te lees van al die dissiplineprobleme by Laerskool Ebenhaeser nie.

Ek woon in Theronstraat, Dan Pienaarville en ons as inwoners word daagliks getreiter deur kinders en jongmense se ongedissiplineerde gedrag.

Jy word om 5vm wakker met die gedreun van doef-doef musiek en gaan slaap in die aand met dieselfde gedreun in jou ore; naweke sommer maklik tot 4vm.

Elke jongmens wat in die straat af ry se motor dreun onder die gedoef-doef, so dat dit partykeer lyk of jou huis se vensters gaan bars.

Jy kan maar verniet hierdie tieners en jongmense vra om hul musiek sagter te sit. Dit word doodeenvoudig beantwoord met ‘n nog harder rumoer of net ‘n “f-jou”. Die gunsteling vraag van die tieners is dan ook, “Was jy (nie oom nie) dan nooit jonk nie?”.

‘n Ruk gelede het tieners onder in my straat ‘n hoëtroustel onder pappa se lapa voor in die tuin staangemaak en so luidrugtig musiek gemaak dat jy jouself in jou eie huis nie kon hoor praat nie.

Toe ek hulle om 10nm vir die tweede keer vra om asseblief ander inwoners te konsidereer, het van die tienerseuns my gevloek en wou my ook in die straat aanrand, sommige erg onder die invloed. Dit het uiteindelik die polisie gekos om hierdie rumoer tot kalmte te bring.

Ek het in daardie stadium die polisiebeampte gevra om teen die besope tieners op te tree, waarop hy aan my genoem het dat hulle hande afgekap is en hulle niks daaraan kan doen nie.

Wat het geword van respek vir ouer persone, of doodeenvoudig vir ander persone om jou?

By een geleentheid het ek ‘n jongman baie mooi gevra om sy musiek net ‘n bietjie sagter te sit waarop ek deur hom toegesnou is “Go ‘f’ yourself”.

Mamma het ook tussenbeide getree en dadelik gesê, “We can play loud music till 10pm, we know our rights hey”.

Tussen al hierdie menseregte, waar is nou my reg om nie na jou doef-doef te luister nie?

Ons dogters verkoop hul liggame in die strate vir dwelms en ons seuns staan uitgeteer vol sere en tatoeëermerke by die verkeersligte en bedel vir die volgende fix. Dit alles gebeur, mnr Koos Lambrecht, omdat ons as ouers vir u en menigte ander onderwysers soos u gedwing het om dissipline uit die skool te verban in ruil vir die sogenaamde kinderregte.

En soos die polisiebeampte is u hande ook nou afgekap.

Waarheen is hierdie ongedissiplineerde volk van ons met al sy regte op pad?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button