LettersOpinion

Magaliesburgers kry baie swaar

Helena Hatting van Magaliesburg skryf:

Na aanleiding van die berig Mogale-grootkoppe onder die vergrootglas in die 27 Junie uitgawe van die news net die volgende:

Aangesien hierdie geweldadige aanvalle alreeds vir weke aangaan, is inwoners van die breë gemeenskap oningelig oor die hele aangeleentheid.

Wie is vriend en wie is vyand?

Hoe word ons inwoners van Ga Mogale (die township) en die ander Magaliesburgers geraak?

Inwoners van die township word verbied om werk toe te gaan. Hulle is bang om uit die township te gaan omdat hulle nie weet wat daar buite wag nie. Hulle word aangerand en motors word met klippe gegooi.

Die gevolg hiervan is dat werkers net nie opdaag vir werk nie. Inwoners weet nie of hulle werkers gaan opdaag vir werk nie – ‘n situasie van onsekerheid en spanning. So is daar al dae uit verskeie weke wat mense nie kon gaan werk nie.

Op die oomblik is die kliniek ook toe. Siekes moet na Tarlton of Hekpoort klinieke toe gaan. Inwoners kon van hulle basiese daaglikse items soos lugtyd en brood in die lokasie koop, maar hierdie voorreg is hulle ook ontneem.

My hart gaan na die lydende partye uit. Hierdie weerlose mense word vir die wolwe gegooi.

Gelukkig is daar polisie teenwoordigheid wat baie help, maar as die geweldenaars toesak, raak dit ‘n moeilike situasie.

Ek hoop van harte dat daar spoedig ‘n oplossing sal wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button