Ons het al die DBV gevra om te help met die probleem, maar daar word gesê ons moet die SAPD bel.
Daar is honde wat regtig onnodig blaf maar die eienaar doen niks daaromtrent nie. Dit kan lastig word. Daar is mense wat skofte werk.
Kan daar dan ook niks gedoen word aan die rondloperhonde wat kos soek en deur motors raakgery word nie?
Die honde wat wel in die erf is, wil mekaar byt oor die honde wat buite rondloop. Wie gaan die kostes dra?
Baie van die diere is groot en gevaarlik.
En dan, moet asseblief nie diere in toe motors los nie. Maak seker die dier is in die erf en maak die hek toe.
Die hond kan voetgangers byt. Die diere soek ook aandag. Waarom het die persone diere as hulle nie aandag aan hul gee nie?
Daar is ook gevalle waar die honde mekaar in die erf doodbyt en hulle gee nie om nie. Kan daar nie ‘n wet ingestel word op die beperking van diere in ‘n erf en teling nie? Daar is diere wat sonder kos en water toegemaak word en hulle is brandmaer en siek.
Dis net ‘n paar gedagtes van ‘n besorgde diereliefhebber.