
Ek wil baie graag iets met die lesers deel wat my hart sommer warm gemaak het oor die tipe mense wat ons in Krugersdorp het.
Omstreeks 7.20nm Maandagaand, wag ek in die kar. Langs my sit twee boemelaars wat mens kan sien werklik swaarkry.
Ek sien toe twee jongmense by hulle staan en vir hulle iets gee, maar kon nie hoor wat hulle sê nie.
Toe hulle ry, gaan vra my ma of alles reg is, en hulle lig haar toe in dat die twee jongmense elke aand uit hulle eie sak vir die hawelose mense op straat ‘n stewige bord kos met koffie en tee vat.
My hart was sommer aan die brand, ek moes die trane keer. Vir julle twee jongmense – ek het nie julle registrasienommer gekry nie maar dit is ‘n bromponie met hartjies op – wil ek net sê die Here seën julle.
Welgedaan.
