LettersOpinion

Iets moet by kruising gedoen word

J van Wyk van Krugersdorp skryf:

Twee weke gelede het ek met die redaktrise gepraat oor ‘n gevaarlike kruising (op die hoek van Commissioner- en Rissikstraat).

Daar is ongeveer drie ongelukke daar elke week. Ek was self een van die ongelukkiges.

As ‘n voertuig in Rissikstraat afry kan jy nie sien of daar voertuie in Commissionerstraat aankom nie. Die sypaadjie voor die winkels het nou werkswinkels geword vir die drie besighede daar. Karre staan op die sypaadjies sonder wiele terwyl aan hulle gewerk word.

Voetgangers moet in die straat loop; dit alles in die hoofstraat van Krugersdorp.

Plaas ‘n foto in die koerant dan sal die Verkeersdepartement miskien iets doen voordat mense hulle lewens verloor.

* Baie dankie vir u skrywe, ons sal ondersoek instel — Red.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button