LettersOpinion

Onaangename diens van staatsdienste

Adele Barnard van Krugersdorp skryf:

Ek het sowat ‘n maand gelede na Krugersdorp Lisensiekantoor toe gegaan om my bestuurslisensie te hernu.

Toe ek daar aankom het ek die vorms ingevul en is ek na die dame wat die foto’s neem verwys. Wat ‘n onaangename belewenis!

Terwyl ek met haar gesels oor kostes ensovoorts stap haar vriendin in. Sy hoor nie eers verder wat ek te vrae het nie en begin dadelik met haar vriendin gesels in hul taal. Terwyl hulle twee aan die gesels is haal ek geld vir die foto’s uit. Hier druk sy haar hand in haar bors vir kleingeld en gooi dit letterlik oor die klein tafeltjie na my.

Ek gaan sit toe waar sy my in ‘n arrogante stemtoon beveel om te sit. Nadat sy die foto geneem het vra ek haar of ek asb die foto kan sien. Sy het my ‘n kyk gegee wat ek nie in woorde kan beskryf nie maar dit kom daarop neer dat ek haar tyd mors. Ek vra haar toe op ‘n beleefde manier of sy die foto kan oorneem. Sal sy nie vir my sê “the camera doesn’t lie. You are who you are. If you are saying you are ugly then that’s what it is”.

Duidelik verstaan sy nie die verskil tussen ‘ugly photo’ en ‘I am ugly’ nie. Ek het gesê ‘it’s an ugly photo’.

Na foto nommer twee (weereens ‘n ramp) wou ek dit nie eers waag om weer te vra dat sy ‘n nuwe foto moet neem nie. Weereens is die foto’s na my geskiet oor die tafeltjie nadat dit gedruk is.

Ek is daar uit en het in die ry gaan sit vir oogtoetse. Een van die mans wat reeds in die ry gesit het begin toe met my praat oor dieselfde ervaring wat hy gehad het. Duidelik kon hy sien ek was omgekrap.

Saterdag, 12 Julie, gaan ek na Binnelandsesake Krugersdorp om ‘n geboortesertifikaat te kry. Met my aankoms by ontvangs moes ek letterlik die man smeek om sy aandag te kry net om vir my ‘n vorm te gee. Ek het ongelukkig nie ‘n pen by my gehad nie en vra toe vir Vivian (die kassier) of ek haar pen kan gebruik aangesien daar geen penne aan toutjies op die toonbanke was langs haar nie. Sy het my afgejak en toegesnou dat sy besig is met haar pen (sy was besig om op te kas).

Ek het nog nooit vir die staat gewerk nie maar nou is my vrae die volgende:

Is Krugersdorp Lisensiekantoor se kasregister iemand se bors? Want ek gril daarvoor.

Word die staatsdiens se mense nie opgelei om vriendelik te wees teenoor die publiek en hul met respek te behandel nie? Dit is tog staatdienspersoneel.

Waar is die penne aan toutjies by die toonbanke waar ons die vorms moet invul? Sekerlik is daar genoeg fondse beskikbaar vir dit?

Word daar dissiplinêre stappe teen die ongeskikte mense geneem as ons as publiek daaroor kla of val dit op dowe ore?

Ek is regtig diep teleurgesteld in hoe ons behandel word en kan net myself indink dat dit een van die redes is hoekom mense immigreer.

* Brief verkort – Redakteur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button