LettersOpinion

Baie dankie Joseph

Annetjie du Plessis van Krugersdorp skryf:

Ek het ‘n wonderlike ervaring gehad op 8 Julie.

Ek en my man het gaan inkopies doen by President Hyper, die drankwinkel en laastens by die speserywinkel op die onderste vloer.

Die twee mensies was so vriendelik; Joseph en sy vroutjie.

Hulle het ons chilli bites en samoesas laat proe met heerlike sousies. My hande was vol pakkies en ek het als neergesit op die vloer om te proe.

Ons het van die heerlike versnapperings gekoop. Ek het my foon daar verloor maar eers agtergekom na al die winkels toe is.

Maandag die 7de het my man gaan vra of iemand my foon ingehandig het by die inligting toonbank in President Hyper. Niemand het die foon ingehandig nie. Al waar my man nie was nie is by die speserywinkel.

Ons het altwee vergeet dat ons daar was. Ek het toe maar my foon aangemeld. Die eienaar het Vodacom toe gery en my dogter opgespoor en gevra of sy haar foon verloor het. Die foon is op haar naam, dis my Moedersdag geskenk gewees.

Sy het my geskakel op 8 Julie en vertel dat ek vir Joseph moet skakel. Die foon is veilig by hom. Wat ‘n groot seëning. Hy het hom in sy winkel gevind en ons kan hom kom haal. Ek het hom geskakel en bedank en gesê ek gaan vir hom ‘n beloning bring, maar hy sê toe nee, en vra dat ons vir hom moet bid.

Ek het vir hom en sy vroutjie ietsie gaan koop om hulleself mee te bederf. Maar ek sal vir die res van my lewe ook vir hom bid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button