
Ek wil ook my opinie lig omtrent die Krugersdorpse lisensiekantore.
Ek het my motor geneem vir ‘n padwaardigheidtoets. My motor is nog nuut. Eerstens sê sekuriteit jy moet papierse invul, doen so, tweede gaan staan in ‘n ellelange ry en vind uit wat jy moet betaal, derde sit in die kassiere se ry tot hul jou nommer roep dan betaal jy jou geldjies vir oordrag.
Vierde, nou moet jy na die agterkant van die gebou gaan vir goedkeuring, staan in nog ‘n ry, kom by die toonbank sê die dame vir my dis nou tjaila-tyd, ek moet môre weer kom (nou kook ek van binne maar gedra my soos ‘n beskaafde mens).
Ek gryp my papiere en loop, skree die ander een, nee sy mag my mos nie wegstuur nie eks dan nog in die gebou. Betaal weer jou geldjie vir padwaardigheidstoets, uiteindelik nou is alles mos klaar.
O nee, sê die beampte, my motor se handrem is nie reg nie (motor druip toets) hulle spesifikasie is 1,9, my motor is 1,7.
Ek sal nie vinnig genoeg kan stop sou ek in ‘n ongeluk betrokke raak nie.
Na die ou ‘n draai ry met jou motor besluit hy jou wiele loop af aan die een kant (nou weer wielbalansering gaan doen en ‘n verdere geldjie betaal) kry ‘n motorkundige om die handrem te stel, nog ‘n geldjie).
Vandag weer terug, toetsbeampte sê slaag, nou moet jy weer ‘n geldjie betaal vir die padwaardigheidsertifikaat.
En dit alles kos my net meer as ‘n R1 000. Grootte genade, dan is dit beter om die donkiekar weer terug te bring. Die ondersoekbeampte sal seker dan besluit of hulle nie te oud is om te gebruik nie en van die pad skrap.
Lekker as die lewe jou so kan omkrap, ne?
