LettersOpinion

Jaagduiwels oortree wet in park

Rina Cosmo van Kenmare skryf:

Ek wil graag verneem hoe opgetree kan word teen voertuigbestuurders wat Skreenpark in Skreenstraat in Kenmare gebruik as ‘n renbaan.

Elke dag moet inwoners om die park waarneem hoe bestuurders van ligte voertuie, 4X4 voertuie, motorfietse en vierwielmotorfietse die park se gras kom uit spin en hier op en af jaag deur die park asof dit ‘n renbaan is. Daar is ‘n groot kennisgewingbord reg by die ingang van die park opgerig maar hierdie oortreders verkies om die kennisgewing te ignoreer en die arme inwoners te kom irriteer met hulle ongehoorsame optredes en ook sodoende diegene wat die park vir die regte doeleindes gebruik se lewens in gevaar te stel.

Het hierdie mense al ooit gedink wat kan gebeur as hulle beheer oor so ‘n voertuig verloor of as hulle nie betyds gestop kan kry as ‘n kind in die park speel en daai onskuldige kind moet met sy lewe boet nie. Ag nee man, kom ons geniet hierdie park vir die regte doeleindes.

Die stadsraad doen soveel moeite om die park netjies en skoon te hou. Kom ons bring ons kant en hou dit so. Hou op om alles altyd te wil vernietig. As jy wil jaag gaan doen dit by Tarlton se renbaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button