LettersOpinion

Omgewingskampvegter Eugene Viljoen sterf

DA raadslid De Waal Venter skryf:

‘n Bekende inwoner van Mindalore, Eugene Viljoen, is onlangs oorlede.

Hy was ‘n man met ‘n besonderse fyn kennis van die omgewing en die faktore wat daarop inwerk.

Viljoen het ‘n jarelange verbete stryd gestry om nadelige omgewingsfaktore soos mynsand, die besoedeling van die Hugenote-spruit en onwettige mynbedrywighede naby Mindalore, onder die aandag van die plaaslike regering te bring.

Hy het groot getalle briewe aan koerante geskryf, gesprekke met munisipale amptenare gevoer, en heelwat e-posse uitgestuur aan mense wat die saak sou kon bevorder.

Baie van die verbeteringe aan omgewingsake in Mindalore kan toegeskryf word aan Viljoen se vasberade stryd teen die verwaarlosing van ons omgewing. Eugene Viljoen laat ‘n leemte.

Mag hy in vrede rus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button