
Ek het op 21 Januarie ‘n skrywe gerig oor skoolfonds wat in die news geplaas is maar geen ouer, skoolhoof of beheerliggaam het enige terugvoer gegee nie.
Dit is baie jammer. Moet maar oop oë die toekoms tegemoet gaan. Soos die ANC glo ook die skole en kleuterskole dat ouers/ werkers oor onbeperkte fondse beskik en dat salarisverhogings tussen 20 en 30 persent oor die volgende sewe jaar sal wees. Het u al uitgewerk wat u in 2021 per maand moet verdien om u munisipale rekening, een kind in die laerskool en een kind in Graad RR te kan bekostig – alle ander lewensmiddele uitgesluit?
Dit is baie konserwatief bereken vir die gemiddelde inkomstegroep met ‘n buitensporige 10 persent verhoging per jaar wat ver bo inflasie is, en lyk so: Munisipale rekening so R5 000, een kind in die skool so R1 400 en vir Graad RR so R2 700.
Dit gee u dus R9 100 per maand se uitgawes nog voordat u enige iets anders betaal het. U kan verder uitwerk wat u ander uitgawes sal wees en dan sal u agterkom of ons ons kinders sal kan skool toe stuur. Beheerrade, kleuterskole en ouers sal moet toesien dat skoolfondsverhogings tot die minimum beperk word.
Is ons besig om ons kinders te faal?
Die gemiddelde persoon sal R49 000 per maand nodig hê net om in die basiese behoeftes te voorsien.
