
Ek is reeds 21 jaar op pensioen.
Ek is sowat 50 jaar ‘n klant van ‘n prominente bank en het ‘n geldmarkbelegging by dié bank.
Tussen 8 en 11 Augustus het my belegging met R6 323,21 gekrimp – hoofsaaklik ‘n kapitaalverlies sonder enige kennisgewing van die bank – ten spyte van die feit dat dit ‘n rentedraende rekening is.
Ek verstaan ook dat dieselfde van toepassing was by al die ander banke, blykbaar in opdrag van die Reserwe Bank wat toe ook nog Moody’s gekritiseer het omdat hulle die banke se gradering verlaag het.
Ek kan verstaan dat rente verlaag kan word maar in hierdie geval is dit nie die rente wat verlaag is nie maar die eenheidsprys sodat die vermindering terugwerkend was tot 1 Maart 2014.
Die ergste van alles is dat daar steeds beleggers is wat nie hiervan bewus is nie.
