
Graag wil ek dankie sê aan die vriendelike news-span.
Ek het hulle gebel om uit te vind wat met ons water aangaan. Ek het die redakteur gevra of sy al moeg is vir al die navrae waarop sy geantwoord het dat sy met graagte alle navrae tot die beste van haar vermoë beantwoord.
Ek was regtig uit die veld geslaan. Sy het baie mooi vir my verduidelik dat hulle regtig baie hard probeer om antwoorde te kry.
Sy het ook gesê dat sy self deur die lae waterdruk geaffekteer word omdat sy ook in die dorp bly.
Ek weet dis nie altyd maklik om sommer net die koerante te bel nie, maar wanneer ‘n mens besluit dat genoeg genoeg is, kom dit soms voor asof die koerantmense al die skuld kry. Hulle is mos ons spreekbuise en moet mos alles weet.
Ek verstaan nou dat julle ook afhanklik van antwoorde is en dat julle soms soos vuilgoed behandel word.
Wel, ek as 72-jarige wil nou vir die news-span sê knap gedaan. Julle is beslis ons spreekbuis en ek het nuwe respek vir julle.
Hou so aan, julle sal eendag die vrugte van julle harde werk pluk.
