LettersOpinion

Hoekom volg die polisie nie op nie?

Nicholaas Vermaak van Silverfields skryf:

My brief verwys na die artikel Ma soek self moordenaar wat in die 26 September-uitgawe van die news verskyn het.

Eerste wil ek die volgende vraag stel. Hoekom na soveel maande moet die ma nou self na haar seun se moordenaar soek?

Dit maak nie vir my sin nie.

Sy noem dat sy baie leidrade het, dat haar dogter self amper ontvoer is, maar tog is die polisie stil.

Is dit omdat dit ‘n Krugersdorp-Wes familie is en nie ‘n Noordheuwel-familie nie?

Ek sal bitter graag wil weet wat die rede is.

Hoe ver moet ‘n ouer gaan om geregtigheid vir haar vermoorde kind te kry?

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sê nie dat die kind dalk nie ‘n aandeel in sy moord gehad het nie, maar tog verdien dit bietjie meer aandag.

‘n Mens se lewe is geneem en iemand moet verantwoordelik gehou word daarvoor.

Ek self het kinders en sal heel waarskynlik dieselfde optree deur alle moontlike leidrade op te volg om tot die waarheid te kom.

Monica, ek haal my hoed af vir jou. Ek weet nie hoe jy dit doen nie en ek kry skaam vir die polisie se onthalwe.

Ek hoop regtig waar dat jy berusting vind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button