LettersOpinion

Het iemand enige inligting vir ons?

Hannes en Martie Esterhuizen van Krugersdorp-Wes skryf:

Ons motor, ‘n blou Volkswagen CTI Golf is so byna by Laerskool Ebenhaeser gesteel. Die motor is tot in Tannerstraat gesleep waar die wiele, radio en domkrag gesteel is en die motor net so gelos is.

Indien enige iemand inligting het, sal u ons asseblief skakel by 084 561 4942 of 073 840 3755?

Verder wil ons ook net die volgende mense bedank: Ons waardeer dit Wimpie Nortman vir hulp met die wiele en Buks vir die gaan haal en opsit van die wiele, dan ook Philip van Auction and Salvage Net vir die kontantskenking en Magda en haar man wat hulp verleen het aan ons; die dames van Solidariteit vir hul gebed asook aan al die ander wat gehelp het en wat hulp aangebied het.

Dis goed om te sien daar is soveel mense wat nog omgee en bereid is om hulp aan te bied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button