LettersOpinion

Jy kan niemand meer vertrou nie

Anoniem van Krugersdorp-Noord skryf:

Ons bestuur ‘n tehuis vir kinders in veilige bewaring in Krugersdorp-Noord.

Op Dinsdag 7 Oktober laat die middag het daar ‘n sjampanjekleurige Audi voor ons hek gestop met twee vroue en twee mans daarin.

My man het hulle by die hek ingelaat om na die tehuis te kyk terwyl die bestuurder in die motor gewag het.

Die ander man het my man op die voorstoep besig gehou en vertel dat hul die bestuurder se kinders soontoe wil bring.

Die vroue het die huis binnegestap waar hul eers met my en ons huishulp in die kombuis gepraat het, en daarna is die een vrou na my kamer toe waar sy my skootrekenaar en een van my ringe gesteel het.

Ons het dit nie dadelik besef nie, maar eers nadat hulle weg is.

Hiermee will ek graag ander mense waarsku teen die tipe mense met sulke skelmstories. Lyk my jy kan niemand meer vertrou nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button