LettersOpinion

Baie dankie dr Dirk en dierekliniek

Kotie Fourie en Johan Snyman van Krugersdorp skryf: Dr Dirk en sy staf baie dankie vir die uitsonderlike hulp en simpatie met die uitsit van ons honde. Cassey, hondekind van Kotie en Ansius was ‘n ou dame en van geboorte af ‘n pasiënt by die dierekliniek. Aangesien sy baie probleme gehad het as gevolg van …

Kotie Fourie en Johan Snyman van Krugersdorp skryf:

Dr Dirk en sy staf baie dankie vir die uitsonderlike hulp en simpatie met die uitsit van ons honde.

Cassey, hondekind van Kotie en Ansius was ‘n ou dame en van geboorte af ‘n pasiënt by die dierekliniek.

Aangesien sy baie probleme gehad het as gevolg van ouderdom en baie pyn verduur het moes ek ‘n besluit neem, maar dr Dirk het dit so professioneel en boonop nog by ons huis gedoen. Dit het my baie gemoedsrus gegee.

Hogan, Johan se Husky, was nie ‘n pasiënt nie maar dr Dirk het hom ook tuis gaan verlos van sy pyn.

Baie, baie dankie!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button