LettersOpinion

Baie geluk aan matrieks en hul skole

Jakkie Naudé, DA-raadslid van Wyk 20 skryf:

Ek wil die matrieks van Wyk 20 in Mogale City (Krugersdorp) wat hulle eksamen geslaag het, baie geluk wens en alle sukses toewens vir die toekoms.

Geleerdheid en kennis maak deure oop vir skoolverlaters en is noodsaaklik in die kompeterende beroepslewe.

Ek tesame met die DA wens die hoof en personeel van die hoërskole in Wyk 20, naamlik Monument en Jan de Klerk, baie geluk met die prestasies van hulle leerlinge.

Die DA moedig die leerlinge en skoolverlaters aan om hulle nou reeds te registreer om te kan stem in die komende plaaslike regering verkiesing wat in 2016 sal plaasvind.

Skoolverlaters in Wyk 20 kan my kontak by 082 880 5815 indien hulle betrokke wil raak by die DA. Skoolverlaters in ander wyke kan die DA-raadslede in daardie wyke se kontakbesonderhede ook by my kry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button