
Ek verwys na die brief Hulle vernietig huwelike wat in die 12 Desember 2014 uitgawe van die news verskyn het. Anoniem van Krugersdorp, let mooi op. ‘Hulle’ vernietig geen huwelike nie …
‘Hulle’, Anoniem, is die oudste professie (werk) in die wêreld; dus is jou asempie, Anoniem, te dun en te min om ‘hulle’ van die aardbol af te blaas.
Jou tweede paragraaf: “Hulle breek so baie huwelike op.” Nee Anoniem, die man se vrou dryf hom na ‘Hulle’ toe. Wie breek nou die huwelik op? Gaan lees bietjie Efesiërs 5:22-24.
Jou derde paragraaf: “Getroude vroue se mans tel hulle op.” Anoniem, hier is vir jou ‘n ligpuntjie: die beskuldigde man is nie lief vir ‘Hulle’ nie, maar vir sy vrou … weer, gaan lees bietjie Efesiërs 5:25.
