
Dit sal vir my onvergeeflik wees om nie die volgende te skryf nie.
So het die einde van vyf jaar vir myself sowel as my vrou aangebreek waar dit kom vir die geldigheid van ons bestuurslisensies. In die week het ons die papiere gaan haal en weens die ry van mense besluit om laatmiddag weer te probeer.
Laatmiddag was ons egter begroet deur ‘n langer ry mense. So het ons die dag na Donderdagoggend aangeskuif. Met koffie en leesstof gewapen het ons halfsewe by die gronde gearriveer. Daar was ongeveer ses mense voor ons in die ry. Die kantore sou 8vm oopmaak.
Tot ons verbasing is persone alreeds halfagt ingeroep. Ons was tien voor agt in vir oogtoetse en so meer. ‘n Paar minute na agt is ons by die betaaltoonbank gehelp en tien oor agt het ons uit die toetsgronde gery, nog steeds met ons koffie in die fles.
Baie dankie vir die vriendelike en professionele behandeling en absolute flinke diens. Dankie aan die personeel agter die toonbank wat sodra daar meer mense in die ry kom, inspring en hulp verleen.
Seer sekerlik is dit ‘n eentonige, oor en oor dieselfde werk wat gedoen word.
