LettersOpinion

Bekommerd oor kinders se veiligheid by skole

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Ouers parkeer reg voor die skool en hou die verkeer op want hulle staan en wag vir hul kinders. Hulle hou almal op oor hulle selfsugtig is.

By ‘n ander skool stop die mense nie eers by die stopstrate nie, jaag net daardeur asof hulle op ‘n resiesbaan is.

Ons woon ‘n paar huise van ‘n laerskool af. Die kleintjies hardloop heen en weer, sommer voor die motors in. Hoeveel van die kinders sit tot 4nm en wag vir hul ouers of saamrygeleenthede?

Die bussies stop ook in die middel van die pad, selfs op die voetoorgange en op die sypaadjies wat alle uitsig blok vir aankomende verkeer.

Ek glo dat alle skole hul bes doen om die leerlinge daagliks te beskerm en te veiligheid hou, maar die ouers stel hulle in gevaar die oomblik wat hulle by daardie hekke uitstap want ouers is selfsugtig en dink net aan hulself.

Doen julself ‘n guns en gaan kyk self. Iewers moet daar iets gedoen word om voorsorg te tref vir ons kinders.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button