LettersOpinion

Waar meld mens brandende straatligte aan?

Renette van Kenmare skryf:

Weet iemand dalk van ‘n plek waar mens straatligte kan aanmeld? Ons ligte in Willoughbystraat in Kenmare het gister die hele middag gebrand.

Dit help nie mens bel Mogale City nie, die fone lui net.

Die beurtkrag is so onregverdig wanneer die munisipaliteit net glad nie saamwerk nie, en ons as betalende gebruikers ly daaronder.

Ek het al gedink aan ‘n webtuise om die munisipaliteit bloot te stel maar dis eintlik so korrup dat hulle seker net sit en lag vir enige voorstelle.

Enige voorstelle aan ons gefrustreerde gebruikers?

* Baie dankie vir jou navrae Renette. Ons hier by die News is self moedeloos oor munisipale klagtes rondom beurtkrag. Hou gerus ons beurtkrag-fokus dop waar ons talle kwessies oor beurtkrag uitlig – Redakteur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button