
Kan mens nie versoek dat die staatshospitale ondersoek word nie?
My pa is in Februarie opgeneem waar hy drasties agteruit gegaan het. Verlede jaar is toetse gedoen en eers na drie maande moes ons uitvind hy het klierkanker.
Hy het begin aanvalle kry teen die derde dag na opname en die suster aan diens het ons (kuiergaste) gevra wat moet sy doen, sy weet nie wat aangaan nie. Die toilette is besmeer met bloed en daar is net een bad vir ‘n hele gang vol pasiënte – ‘n minimum van 20.
Na die walglike toestande en frustrasie van ‘n week daar is hy oorgeplaas na ‘n ander hospitaal toe, waar hy radiologie ontvang het en dan in die parkeerarea na behandeling rondgestoot is! Daar was geen drup aan hom nie, mag nie voedsel ontvang het nie (hy was ‘n diabeet, aarvoeding moes voorsien word) en geen suurstof.
Na drie dae is hy toe oorlede.
Ek dink dis mense se eie skuld as hulle nie medies het om in ‘n privaat hospitaal te gaan lê nie, maar daar is mense wat dit regtig nie kan bekostig nie, soos Transmed wat nie meer hospitalisasie dek nie.
Die diens moet opgeknap word en werkers moet vervang word met mense wat weet wat om te doen.
