LettersOpinion

Luipaardstraat-meisies doen dit uit eie wil

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Prostitues lure clients for pimps to rob gepubliseer op 25 May op die News se webtuiste word na verwys.

Niemand gebruik mense as slawe nie. Dit is hul eie keuse of hulle dit wil gebruik en of hulle wil op straat staan.

Meeste van daardie meisies sal jou vertel hulle doen dit omdat hulle wil of om hul gewoontes te ondersteun.

Die buitelanders in Sivewrightstraat ondersteun nie slawerny nie!

Die slegte meisies kan gaan werk, maar wil nie, want hulle verkies die maklikste manier om geld te maak.

Ek is nie en was ook nooit ‘n prostituut nie, maar ek weet. Ek het vir jare met hulle te doen gehad omdat ek hulle wou help, maar hulle vertel jou reguit hulle wil nie gehelp word nie.

Nie al daardie buitelanders is dieselfde nie. Daar is baie wat nog ‘n goeie lewe lei en wat ‘n karwag sal wees om vir hul families te sorg.

Mense moet hul feite reg kry en presies weet wat aangaan voordat ‘n storie geplaas word.

Dit begin by hoe jy as ouer jou kind grootmaak en prostitusie is nie noodwending buitelanders se skuld nie.

Die meisies drink nie en verloor nie hul koppe nie, dit is hul eie keuse!

Almal het op die einde ‘n keuse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button