
Gestremde ‘toor’ met sy sangstem wat 11 Junie op die News se webtuiste verskyn het, word na verwys.
Die gestremdes van die Wes-Randse Vereniging vir Fisies Gestremde Persone (WRAPD) is ongelooflik talentvol en wys hierdie talente met oorgawe.
Ek en ’n kollega het al ’n paar keer vir liefdadigheid by WRAPD gaan optree en hierdie mensies het ons nog elke keer met oorvloedige liefde en warmte ontvang.
Ek het op 5 Junie ’n konsert gehad waar ek ’n paar gaskunstenaars nodig gehad het. Onder andere het die groep rolstoel dansers van WRAPD ’n item opgevoer.
Ten spyte van hul getremdhede hinder dit nie een om sy of haar droom uit te leef nie. Dit was ’n plesier om hul teenwoordig te hê. Elkeen in die gehoor het ’n breë glimlag gehad.
Daar is soveel talent by WRAPD en niemand moet hulle onderskat nie, want hul gestremdhede keer hulle glad nie.
WRAPD se solo-sanger en een van sy kollegas het ons al vermaak met ’n lied van Juanita du Plessis.
Hierdie mensies borrel oor van liefde en steel jou hart die oomblik wat jy hulle ontmoet. Ons is trosts op WRAPD!
