
Ek wil vandag aan die vier polisielede van Krugersdorp wat nou ondersoek word vir moord na ’n krimineel eerste op hulle geskiet het en hulle hom daarna dood geskiet het, net sê – julle is my heroes.
Die kriminele in SA het mos so baie regte. Watse boodskap stuur ons uit na die kriminele? Doen jy net wat jy wil, want ons as polisie moet staan en kyk en niks doen nie.
Het julle al gedink hoe daardie vier lede voel en al die polisie in ons land? Vir wat trek ek aan en gaan werk toe? Ek mag nie optree teen geharde kriminele nie, hulle kan ons skiet en ons moet staan en toekyk.
Dink net toe hy op hulle skiet, wat het deur daardie lede se koppe gegaan? Al het sy vuurwapen op die grond geval, sou ek dieselfde opgetree het, of miskien erger.
Ons is moeg vir kriminele en hul regte. Al wat ek wil sê is julle is my heroes, en ek hoop die ondersoek neem nie te lank nie en julle kan terugkeer werk toe om julle werk te doen. Ons land het julle nodig.
