LettersOpinion

Gat gaan nog groot ongeluk veroorsaak

Lettie Murray van Noordheuwel skryf:

My man ry soggens in die donker vanaf Krugersdorp na Muldersdrift, waar hy die busbestuursomie is.

Hy ry op die R28 (na Pretoria se kant) tot by Silverstar se kruising en draai daar in, om skerp links in Fallsweg in te draai – wat dan parallel loop met die R28 (met ander woorde wat dan terugwys na Pretoria se kant) en so gaan die pad aan.

Maar in die middel van Fallsweg is ’n pad wat na regs draai (wat lei na ingange van komplekse, asook ’n winkelsentrum weer aan daardie kant af). By hierdie afdraai is daar ’n reuse gat wat my man al maande lank net so sien, sonder omheinings of waarskuwings. Hy was ook al met ons klein Chery karretjie byna daarteen of daarin gedruk met veral taxis wat van die R28 af ry teen die grondwal wat daar is, om by Fallsweg uit te kom … veral in spitstye!

Kan iemand iets doen om dit uit te sorteer?

Mens wil nie net nog ’n statistiek in die land wees nie …

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button