LettersOpinion

Maak ’n spesiale reëling vir noodgevalle

Pensioenaris van Krugersdorp skryf:

Op Maandag 1 Februarie is ek en my dogter dorp toe om ons maandelikse besigheid te doen.

Ons kom by die bank in Key West en is gesê die bank is nog toe weens die haelskade ’n ruk gelede.

Ons is toe na die ander tak in Burgerstraat toe; het omtrent so 10vm daar aangekom. Daar was baie mense in die bank. Ons het rondom twee-en-’n-half uur in die ry gestaan waarna ons nog nie naby voor was nie.

As ons moes wag, sou ons eers 3nm daar uitgekom het, want daar was net twee kassiere aan diens.

Dinsdag is ons vroeg bank toe. Ons was 8.45vm daar. Weer dieselfde soos die vorige dag, net twee kassiere by die bank met die helfte van Krugersdorp wat besigheid wil doen.

Die pensioenarisse en gestremde mense waarvan ek een is, moes maar staan. Toe die mense die sekuriteitswag vra hoekom daar so min mense is om te help, sê hy toe omrede die bank nie geld het vir meer mense nie.

Ons is eers 11.45vm uit die bank uit.

Ek voel net, aangesien Key West se tak toe was, kon hulle mos maar daardie kassiere Burgerstraat toe gestuur het om uit te help.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button