LettersOpinion

Kom ons hou ‘n protes teen GEPF

Hennie van Staden van Randfontein skryf:

Ek was in my jonger jare ‘n lid van die weermag en kry ‘n staatspensioen.

Maar sedert verlede jaar ondervind ek probleme wanneer ek vir my jaarlikse mediese ondersoeke gaan.

Die pensioen wat ek van die GEPF (Government Employees Pension Fund) ontvang, dek skielik nie meer van die behandeling wat ek nodig het nie.

Menige kere is ek al weggewys, uitgegooi of mediese behandeling geweier omdat die GEPF nie hul werk doen nie.

Hulle gee vir my magtiging om in ‘n hospitaal opgeneem te word, maar wanneer dit by die betaling kom, gebeur dit net nie.

Dit is vernederend en baie onnodig.

Wanneer ek na die GEPF se kantore in Pretoria gaan om die situasie te bespreek, ontaard dit in ‘n bakleiery.

Ek wil dus ‘n optog reël en nooi alle ander lede wat ‘n pensioen van die GEPF (Government Employees Pension Fund) ontvang om saam met my te protesteer teen die swak behandeling wat ek, en baie ander lede, van die administrasie ontvang.

Skakel my gerus by 078 649 0009 sodat reëlings getref kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button