LettersOpinion

Die Kaap is Hollands …

Johannes Esterhuizen van Krugersdorp skryf:

Om van ‘n molshoop of miershoop ‘n ‘berg’ te maak – hier is die gemene woord ‘berg’ in Mat 17:20.

Jy is nou besig, mnr Fred Elfers, om hierdie selfde ‘berg’ in ‘n m$*rse berg te verander.

‘Homo-seksualiteit’– die woord, beweer jy, het ek ydelik gebruik, Gen. 20:7. Gee jy vir my een woord vir die eerste gedeelte van Lev. 20:13, so ook met Rom. 1:27.

In jou taal, “Put your hand in the hand of the man who stilled the water” – sodoende is die Kaap weer Hollands. Ek sê Hollands nie Hollangs nie.

Wanneer dit gaan oor selfdegeslag-verhoudings is die Bybel baie eksplisiet daaroor, in die Ou en Nuwe Testament. Vir die persoon wat die gesag van die Bybel aanvaar is dit baie eenvoudig om te sien wat God daaroor sê deur Sy Woord.

Liefde, aanvaarding en tegemoetkoming is belangrik, maar definitief nie ten koste van die waarheid nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button