LettersOpinion

Misdadigers is nie altyd die armes nie

Frik Cornelius van Rangeview skryf:

In 2006 het ek 12 000 stene aangekoop. Die stene is op die grens van die naburige erf afgelaai.

Die 12 000 stene het so tussendeur voete gekry. My huishulp moes gedurig ouens wegjaag wat summier met bakkies kom stene laai het.

Ek het die stene dieper en hoër op op die erf geplaas, dog het dit niks gehelp nie. Die laaste besoekers was twee dames wat met hul Mercedes (getinte ruite) kom stene laai het.

Hulle het egter die stene gelaai wat ek vir my oprit wou gebruik. Hul voertuigregistrasie is gesien maar oor die syfergedeelte is daar nie sekerheid nie.

Ek glo dat hulle stene kan bekostig en nie nodig het om van ander te steel nie.

Die armes is nie die grootste sondebokke wat inbrake en kardiefstalle betref nie. Dit is georganiseerde gegoede kriminele wat diefstal dikteer.

Ek is nie op vervolging ingestel nie, sou net graag die gekapte (rotswand) en swart stene wou terugkry. Ek het werk wat nog afgehandel moet word, en sal nie weer dieselfde stene kry nie.

Die ergste is dat ek in die week toe ek die swart stene langs die oprit gepak het, dit in werklikheid aan die twee dames gelewer het. Die bure se tuinhulp het vertel dat hulle telkens gewag het dat ek ry, en dan op die erf kom ronddraf en materiaal kom laai het.

Die onderneming wat die stene vervaardiger het, doen dit nie meer nie. Hulle is ook skuldig dat hulle buitgemaak het op ‘n driejaar-verjaringseis wat my van my aankoop vervreem. Die maatskappy is kort daarna gelikwideer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button