LettersOpinion

Dankie aan feesorganiseerders

Mev Pieterse skryf:

Op Sondagmiddag 27 Oktober het ‘n groot groep mense die Reformasie-fees by die bekende Klipkerk in Krugersdorp gevier.

Ongeveer 500 jaar gelede het Martin Luther die wêreld verander deur sy 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vas te spyker. Dit het verreikende, positiewe, sosiologiese en ekonomiese gevolge gehad vir die Protestantse Noord-Europa en later ook vir die res van die wêreld.

Vir sommiges is hierdie belangrike geskiedenis moontlik lankal vergete en vir ander is dit onbelangrik of onbekend. Nogtans was dit ‘n vreugdevolle middag met ‘n Reformasie-orkes, -kooruitvoering en Psalmsang. Baie dankie aan die organiseerders vir die puik program.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button