
Ek bekyk alweer die saak van sewe verskillende kante, en dan wonder ek maar net so in my enigheid oor ‘n inskrywing wat ek sopas op my rekenaar gelees het, op die News se webblad. My vraag is aan die polisie …
“Police had to make use of water carriers, tear gas, stun grenades and rubber bullets in an effort to calm the masses.” Hoekom wil ons die massas laat kalm word oor dwelms, wat ons kinders en ons samelewing verwoes?!
Dis nie die gebruiker wat die probleem is nie, maar wel die verskaffers. Hulle is openlik, blatant, met geen respek vir enige iemand nie, stelselmatig word hulle bose neste net meer en stewiger ingespin in ons samelewing, reg onder ons neuse, in ons buurte, ons skole, ons strate, ons gemeenskap – juis daar waar ons veronderstel is om veilig te wees en te voel.
Hoekom kan ons nie die situasie omdraai, en van al hierdie middele gebruik maak (water carriers, tear gas, stun grenades and rubber bullets) om die oorsaak van die probleem uit te roei nie, dan sal dit nie nodig wees om die massas in toom te probeer hou nie.
Ons is moeg dat die mense vir wie ons lief is en omgee se lewens te min geag word om iets daaraan te doen.
Ek sou graag vandag aan die voorpunt van hierdie protes wou loop, saam met elkeen wat fokus op die werklike rede vir die optogte! Jy moet staan vir “iets”, anders sal jy val vir “enige iets”.
