
Ek het ‘n 2014 matriek geskryf by Hoërskool Florida.
Ek het ‘n vriend wat na Braambos Tuisteskool toe gegaan het en kon geen toekoms vir hom of enige ander leerder daar sien nie.
Ek het die tuisteskool drie keer gaan besoek en elke keer was dinge net erger as voorheen.
Ek het gesien hoe jong kinders op die perseel van die tuisteskool onder die toesig van Elnet Snyman sigarette en dagga rook.
Die kinders vloek soos matrose en boelie mekaar heeldag lank, so dit is nie die plek vir ‘n jong kind nie. Die kinders het trauma deurgemaak.
Ek is ook ongeveer ‘n jaar gelede gevra vir my nasionale senior sertifikaat sodat dit vir ander leerders in die tuisteskool vervals kon word.
Ek het geweier om dit te gee omdat ek net ‘n afskrif het. Ek het ook al gehoor dat hulle selfs sertifikate verander, natuurlik vir ‘n eksponensiële bedrag.
Ek wil dus net sê ek is bly dat Braambos sy deure gesluit het. Die kinders sal ‘n baie beter toekoms in ander skole hê en die regte opvoeding kry wat hulle verdien.
Ek hoop van harte dat elke leerder in die skool berusting sal vind en al die hulp sal kry wat nodig is.
