
As ‘n jarelange inwoner van Krugersdorp is ek en talle ander teleurgestel met die agteruitgang van ons eens pragtige en trotse dorp.
Selfs besoekers het ons voorheen gekomplimenteer oor ons netjiese en skoon dorp. Gras langs ons hoofweë is kort en netjies gesny.
Deesdae merk ons werkers met randsnyers besig met ‘n onbegonne taak om gras te sny, wat vir my lyk of dit ‘n ewigheid gaan duur.
Die gesegde lui “the right tool for the right job”. Het die kontrakteurs nog nooit gehoor van industriële masjiene om groot oppervlaktes gras te sny nie? Duidelik help niemand die mense reg nie want randsnyers op grootmaat aangekoop, en sekerlik ook van ‘n BEE-maatskappy.
‘n Ander ding wat hand uitruk is die verwydering van stoptekens. Besef die skuldiges nie dat hulle iemand se dood of beserings kan veroorsaak nie?
