LettersOpinion

Krugersdorp se hof ‘n grap

HF Weitz van Krugersdorp skryf:

Dinge by die Krugersdorpse Landdroshof is nie na wense nie.

In November 2017 is ek saam om ‘n vriend by te staan met borg wat die landdros bepaal het. Die saak is nou al drie keer uitgestel.

Die eerste keer het die persoon wat die klag gelê het nie opgedaag nie, die tweede keer was die hoflêer net weg en die derde keer was hierdie dokument steeds soek. Die persoon wat die klag gelê het, het weer nie opgedaag nie.

Terwyl ek die eerste keer gewag het dat my vriend se saak voorkom, was my waarneming dat die manier waarop die hof funksioneer eintlik lagwekkend is. Ek kan ook nie verstaan dat ‘n professionele mens soos die staatsaanklaer dokumente kan laat wegraak nie.

Ek glo dat korrupte polisiebeamptes die dokumente laat verdwyn – óf tussen die tye wanneer die hof verdaag, óf as die staatsaanklaer se kantoor nie gesluit is.

Wat ek beleef en waargeneem het terwyl ek gewag het, is skrikwekkend én lagwekkend. Die vermorsing van die belastingbetaler se geld en mense se kosbare tyd is skokkend. Ongelukkig gebeur dit op die meeste plekke in die land.

Iets moet gedoen word, maar helaas is dit net weer ‘n situasie wat totaal geïgnoreer sal word want alles draai uiteindelik om geld wat onder die tafel deurgegee word, soos ek waargeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button