LettersOpinion

Die polisie in hierdie dorp …

Chris van Rooyen van Krugersdorp skryf:

Ek wil net graag iets uitklaar oor die dienslewering van die polisie.

Ek en my vrou laai gewoonlik die kinders by die kleuterskool af en gaan dan werk toe. Maar een oggend het dit heel anders vir ons verloop.

Ons het om en by 7vm verby die stadsaal gery toe ‘n polisieman ons aftrek en vir my vrou sê sy het oor ‘n rooi verkeerslig gery.

Toe ek die polisieman vra of hy bewyse het, was hy uiters bombasties teenoor my vrou en het vir haar gesê hy het nie nodig om bewys te lewer nie, want hy is die gereg.

Toe ek vir hom sê om dan die boete uit te skryf sodat ek dit hof toe kan neem, word daar op my geskree omdat ek ‘n passasier is. Daar word toe ook op die boete geskryf dat daar sommer drie persone in die kar is.

Ek het gereageer en gesê hulle sal nie so met my vrou praat nie, hulle is nie bo die wet nie. Toe begin die skreegeveg weer en ek is met arrestasie gedreig.

Ons is nêrens meer veilig nie … nie by die huis of by die werk of op die pad nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button