
As werkende ma wat in Randfontein bly, is my kind soms genoodsaak om bus te ry en dan ‘n entjie te stap tot by die huis.
Die ‘verdwyning’ van Dwayne (met betrekking tot die artikel Missing Dwayne found wat op 30 Mei op die News se webtuiste verskyn het) het my, en ek is seker baie ander ouers, met groot skok getref.
Al die onsekerheid, vrees en wie weet wat nog wat deur ‘n ouer se kop gaan as jy nie weet waar jou kind hom/ haar bevind nie het my ‘n slapelose nag besorg.
Kinders, wees asseblief paraat en hou ons op hoogte waar julle julself bevind. Ek is seker elke kind het ‘n selfoon of het ‘n maat wat jou sal toelaat om ‘n boodskap aan jou geliefdes te stuur, sou dit nodig wees.
Julle is baie kosbaar vir ons, en al sê ‘n ouer dit soms nie genoeg of gereeld nie, ons lewens draai om julle. Julle is onvervangbaar …
Ps. Dankie aan die koerant wat ons altyd op hoogte hou van die jongste nuus.
