LettersOpinion

Onbevoegde staatsamptenare!

Johannes Esterhuizen van Krugersdorp skryf:

In ‘n Sondagaand-uitsending op ‘n bekende radiostasie, met Christelle Webb-Joubert as die aanbieder, gesels sy met twee mans.

Die twee menere getuig oor die radio dat Jesus se moeder Maria nie ‘n maagd was nie.

‘n Ander persoon beweer dat selfdood, genadedood en bystanddood in die Bybel opgeskryf moet word. Hy beweer, “God het nie geweet van die soort siektes wat in vandag se tyd oor die mens sou kom nie”.

Met bogenoemde probleem rig ek toe ‘n geregistreerde brief aan die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika op 12 April oor wat die radiostasie se omroeper en haar gaste kwytraak. Gister, 13 Junie, gee Hyde Park-poskantoor vir my ‘n bewys dat ‘n mnr DD Nzama die betrokke brief op 10 Mei om 8.55vm afgehaal het.

Die vrou wat my oproep na 011 326 3130 beantwoord het, ontken dat mnr DD Nzama die betrokke brief afgelewer het.

Wat nou gemaak?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button