
Magda se brief in die 22 Junie-uitgawe van die News het betrekking. Sy het gekla oor die reuk in die omgewing.
As die mense mooi kan onthou was daar baie lank terug ook ‘n geval waar ‘n olieherwinningsaanleg gas afgegee het.
Dit is toe na ‘n stryd en gebaklei opgelos.
Maar nou sit ons met ‘n groter probleem. Daar is ‘n paar jaar gelede toetse by sewe huise in die omgewing gedoen. Die besoedelde lug is nou hoofsaaklik afkomstig van plastiek en is ook toksies. Die meeste rook word veroorsaak deurdat elektriese draad skoongebrand word om die koper suiwer te kry.
Dit word ook meeste van die tyd in die nag gedoen en kom van die westekant af. Mense in Tindallweg het al weggetrek. Daar is ook in Thorntonstraat en moontlik in Malettstraat mense wat gaan padgee.
Almal kry die reuk, veral in ‘Pampoenvlei’. Ek sien die redakteur vra vir nog mense wat geraak word maar dit lyk vir my niemand kom dit meer agter nie want hul reuksintuie is al aangetas.
