
Is daar enigiemand wat kan help met die beeste in die vlei agter ons huise in Mindalore?
Soos dit is het ons probleme met die vlei wat partykeer so stink dat ons nie ‘n deur of venster kan oopmaak nie.
Dit is ook ‘n groot gesondheidsrisiko aangesien die beeste bosluise en ander siektes kan aandra.
PDie polisie sê hulle kan niks doen nie, en die plaaslike raadslede sê dieselfde.
Die man wat die beeste hier laat loop ignoreer versoeke om hulle asseblief op ‘n ander plek te laat wei.
Daar is baie ander oop stukke grond waar sy beeste na hartelus kan gaan wei, maar hoekom moet hy hulle juis tussen die huise laat rondloop?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
