
‘n Baie hartlike dankie aan die organiseerders vir die puik reëlings met die optrede van die Randse Simfonie Orkes in September, en dit nogal in Krugersdorp!
Dit was ‘n besonderse kultuurgeleentheid vir ons aan die Wes-Rand. Normaalweg moet ons na Johannesburg of Roodepoort reis vir so ‘n geleentheid. Ons glo en vertrou dat dit ‘n gereelde jaarlikse instelling sal word.
Dit sal tog goed wees as die News in die vervolg so ‘n besondere geleentheid sal dek en ook vooraf beriggewing kan doen. Daar is heelwat plaaslike inwoners wat deel uitmaak van die orkes.
* Beste mevrou Smith, ons maak beslis in die toekoms so – Red.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
