
Na aanleiding van die berig Speeding now a thing of the past wat in die 26 Oktober-uitgawe van die News verskyn het, wens ek om my dank en waardering uit te spreek teenoor die Verkeersdepartement van Mogale City.
Tog het die volgende kwellende vrae na vore getree:
1. Wat het geword van die kameras van die vorige diensverskaffer?
2. Hoekom is die kontrak met die vorige diensverskaffer opgeskort?
3. Hoeveel het die nuwe kameras gekos?
4. Is die kameras nou die eiendom van Mogale City, of
5. is daar weer ‘n ander diensverskaffer betrokke?
6. Hoeveel spoedsake en lasbriewe van die vorige diensverskaffer is nog uitstaande?
7. Indien ‘n vervolging ingestel word, is die inligting beskikbaar aan die Verkeersdepartement of moet dit teruggekoop word van die vorige diensverskaffer?
8. Wat is die bedrag van die uitstaande sake en lasbriewe?
9. Wat is in plek gestel om daardie gelde in te vorder, skuldige persone te vervolg of
10. gaan die boetes net afgeskryf word?
Ek vertrou dat die Verkeershoof my vrae op dieselfde medium sal beantwoord sodat die inwoners en belastingbetalers van Mogale City op hoogte gebring kan word van die besteding van hul belastinggelde.
